Cili-Bao-brand-design

Mev. Lorraine Krugel

Mev. Lorraine Krugel (39), een van Suid Afrika se voorste tweekampatlete, wat in April vanjaar die algehele vroulike tweekampwenner in die Durbanse ultra-kampioenskap vir twee-en driekampatlete was, sê dank sy die voedselaanvulling Cili Bao, het haar lewe "verander".

Bogenoemde kampioenskap bestaan uit 'n 2km lange hardloopsessie, 116km fietsry en dan weer 'n hardloopsessie van 32km. Sy het dit in 'n tyd van 6 uur 49 min. 10 sek, toltooi.

"Op my ouderdom neem dit 'n mens 'n bietjie langer om te herstel ná 'n groot wedloop, maar ek vind dat ek nu veel meer energie het en is dol dié produk".

Me. Krugel is bedags sportorganiseerder by die Technikon Witwatersrand en beskryf haar leefwyse as "bedrywig". Sy oefen sowat drie uur per day en het nog altyd geglo aan voedselaanvullings. "Die 'wonderyrug' Cili Bao het my egter onmiddellik gehelp om beter te hardloop en my kragte vinnig op te bou", het sy gesê.

Die Cili-vrug kom voor in die hoë bergreekse van China. Volgens mnr. Gerhard Joubert, die verspreider van die produk, bevat dit "hordes" spoorelemente soos yster, kalsium, sink, magnesium, koper, strontium en selenium om al die motors in die liggaam to voed. Dit is veral ryk aan vitamien C en ook aan anti-oksidante, wat veroudering teenwerk. Dit bevat voorts superoksied-dismutase, en is veral ryk aan vitamiene A, B1, B2, C, D en E.

"Die moderne, gejaagde leefstyl maak almal moeg. Ons lewe is gelaai met stres. Cili Bao kan as voedselaanvulling gebruik word om 'n mens meet energie te gee en help om die belangrikste voedingselemente wat ons nie daagliks in ons dieet inneem nie, só in te neem. Dit is juis 'n gebrek aan die regte voedingstowwe en slegte gewoontes soos drankmisbruik, rook, gebrek aan oefening en dwelmafhanklikheid wat die liggaam tap van energie en wat allerlei se siektes en kwale veroorsaak.

"Dit is dus belangrik om Cili Bao deel te maak van 'n nuwer leefwysebesluit sê Mnr Joubert. As 'n mens 'n betrieklik gesonde leef, styl volg, behoort Cili Bao wondere te verrig. Maar daarsonder kan dit jou ook nie gesond "toor" nie.

Me. Krugel, wat in Oktober vanjaar aan die Powerman-tweekamp-kampioenskap in Upington deelgeneem het, het gesê danksy dié voedselaanvulling, het sy vanjaar haar allerbeste tye opgestel.

Sy gebruik die Cili Bao-ekstrak soggens. Saans voordat sy gaan oefen, gebruik sy die wateroplosbare Cili Bao-kristalle. Die Rosa Roxburghi Cili Bao vrugtekristalle en ekstrak word verwerk deur die gevorderde tegniek van oombliklike sterilisering en laetemperatuur-vakuumkonsentrasie.

"Dié aanvulling werk op die oomblik uitstekend vir my. Ek het in November vanjaar 'n kwaadaardige melanoom van my rug laat verwyder. Die dokter is verstom oor hoe vinnig die weefsel van my vel, wat gesny moes word, herstel het. My arts het my gewaarsku dat ek nie binne 21 dae ná die operasie sou kon begin oefen nie. Ek het reeds elf dae ná die tyd begin oefen" vertel sy.

------------| Back to User Testimonials| ----------