![]() |
CHINESE 'wonderkuur' WAAR's DIE KANKER NOU? Pg 8 "Keur 16 Junie 1996 Verstommende getuienis oor die helende eienskappe van 'n Chinese middel word nou in Suid-Afrika gehoor. Drie jaar gelede het die depressie Rachelle Kriel gepak. Sy was knaend moeg en het al spierpyne, hoofpyn en 'n seer keel gehad. Haar medisyne het tot R600 per maand gekos - en nie gehelp nie. Dis "yuppie"-griep, het die dokters ná twee jaar gesê. Toe drink sy eendag in Randburg 'n botteltjie vrugtesap met 'n Chinese plant-ekstrak daarin. Voordat sy en haar man 'n rukkie later in Roodepoort aangekom het, het sy beter begin voel. Daar het sy van die "korrels" gekry wat in die vrugtesap was. Binne twee weke het haar lewe weer koers gekry. "Vandag is al die simptome weg", vertel Rachelle, 'n verpleegster van Heilbron. "Ek is 'n nuwe mens. "Ek drink elke dag my korrels, want op 'n keer het my voorraad opgeraak en ek het dit vyf dae nie gedrink nie. Toe keer die simptome terug" Die kuur waarvan sy praat, kom van die Cili-plantjie wat slegs in die Chinese hooglande groei. Dit word in korrelvorm en as 'n vloeistof bemark en soos tee gedrink - en oral in Suid-Afrika praat mense nou daarvan. Daar word gesê dit is goed vir jou milt, rumatiek, veroudering, bloeddruk, eetlus, spysvertering en 'n teenvoeter vir stres en moegheid. Die korrels is selfs aan 'n hond gegee wat aan kanker gely het - en dié is skynbaar volkome genees. Rachelle se man, Johan, het 'n senior pos by Clover. Terwyl sy so siek was, is hy deur Gerhard Joubert genader om die Cili-produk in yogurt en vrugtesap op die proef te stel. Dit was gedurende hul onderhandeling dat Rachelle saam met haar man Johannesburg toe is. "Ek het maar skepties na die stories geluister, want ek glo nie aan foefies nie. Gerhard het aan ons elkeen 'n botteltjie van die sap gegee om te drink, Terwyl ek by Cresta vir Johan gewag het, het ek die laaste drie millimeter gedrink wat in die botteltjie oor was" vertel Rachelle " 'n Rukkie later het ons na Clover se hoofkantoor in Roodepoort gery. Voordat ons daar was, het ek beter begin voel". Nee, dit is nie dagga of iets van die aard nie, sê Gerhard, die man agter die "korrelkoors". Hy was self siek voordat hy gedurende 'n sakebesoek aan China met die plantjie kennis gemaark het. "Ek het sommer sonder rede black-outs gekry. Ek het gedink dit is stres" Gedurende samesprekinge in China het hy aan die slaap geraak. 'n Sakeman het aan hom die adres van 'n dokter verskaf wat bevind het hy ly wel aan stres. Die pyn in syspiere is met akupunktuur verlig en toe gee die dokter hom 'n gekonsentreerde ekstrak van die Cili-plantjie. Gerhard het byna onmiddellik beter gevoel en daarna Australië toe gegaan voordat hy teruggeskeer het. Tuis het hy genoor sy pa het kanker in 'n gevorderde stadium. "Eers toe ek sien hoeveel pille hy sluk, het ek weer aan die Cili-plant gedink. Ek het die dokter in China gebel en van die ekstrak bestel". Die verbetering in sy pa se toestand was merkwaardig, sê hy. "Hy het weer begin tuinmaak, die werkkamer reggepak en soos voorheen aan die gang gebly. Hy is sedertdien oorlede, maar die ekstrak het gewis sy lewenspeil verbeter." Gerhard het teen groot koste van die ekstrak ingevoer. Mense het dit vir allerlei kwale begin gebruik en almal het gesê dit wérk. "Een man het my selfs gebel en bedank omdat dit sy huwelik gered het. Sy vrou het so aan premenstruale spanning gely dat die dinge tuis omgekrap het." Marcel Bergolis van Sandton het van die wonderkuur gehoor gedurende dien naweek voordat sy geliefde hond Mnandi van kant gemaak sou word. Die sewejarige Dobermann he kanker gehad. "Toe die veearts my die nuus meedeel, het ek begin huil. Die veearts het saam gehuil, want hy weet hoe lief ek vir die hond is. Hy het genadedoon voorgestel. Maar ek wou nog net eers die naweek ssam met Mnandi deurbring." Dié naweek vertel 'n vriend hom toe van van die plantjie en kort daarna het Mnandi ook van die korrels gekry. "Sy was so swak dat ek haar moes dwing om haar kos met die korrels in te eet." Toe Marcel 'n paar maande later sy hond terug veearts toe neem, kon dié sy oë nie glo nie. Op die X-strale kon gesien word die been wat deur die kankergewas weggevreetis, het herstel. Nou, 'n jaar later, wil Mnandi byna nie eens vir 'n foto stilstaan nie. Dr Rick price het in 'n artikel in die tydskrif Birnam Vet to Pet geskryf hyhet 'n kwaadaardige gewas op die hond se voorpoot gedianoseer. Dit is deur 'n spesialis bevestig. Hulle het saamgestem die hond sou nog so drie maande leef. "In Januarie van jaar het ek weer X-strale geneem. Nie ek of die ander veearts het al ooit so 'n beduidende regressie van 'n gewas gesien nie," het hy in die artikel geskryf. "Ons het van Augustus verlede jaar af die krummels van die Cili-plantjies aan die hond gegee. Nou het ek die tee self begin drink en 'n kniebesering voel klaar gemakliker." Die skrywer van dié artikel het van die "wonderkorrels" aan haar agt jaar oue Bouvier gegee wat weens rumatiek op drie pote voortgesukkel het. Ná slegs twee dae het die hond, ondanks die Randse koue, viervoet op die hek afgestorm. Oor 'n paar weke sal ons Chico veearts toe neem om te verneem wat hy nou sê. Hy het juis ook gevrees die hond het kanker. Mense wat meer inligting wil behom, kan (011) 783-1412 skakel of 'n faksbookskap aan (011) 783-6702 stuur. |
||
------------| Back to User Testimonials| ---------- |
||